Sport

Van der Merwe vierde keer wenner van Washie100

Polokwane-langasem, Johan van der Merwe het vir die vierde agtereenvolgende jaar die jaarlikse Washie100 Miler wat die naweek in KwaZulu-Natal aangebied is, gewen. Van der Merwe, wat ook die rekordhouer vir die wedren is met ‘n tyd van 13:07.05, het vanjaar in ‘n tyd van 13:39.45, meer as twee uur voor die naaswenner Mcebisi Yose …

Polokwane-langasem, Johan van der Merwe het vir die vierde agtereenvolgende jaar die jaarlikse Washie100 Miler wat die naweek in KwaZulu-Natal aangebied is, gewen.
Van der Merwe, wat ook die rekordhouer vir die wedren is met ‘n tyd van 13:07.05, het vanjaar in ‘n tyd van 13:39.45, meer as twee uur voor die naaswenner Mcebisi Yose klaargemaak.
Vanjaar het 65 atlete van regoor die land aan die wedloop deelgeneem, aansienlik minder as verlede jaar, volgens Van der Merwe.
“Die wedloop strek oor ‘n afstand van 160,9 km en die roete van Port Alfred na Oos-London is redelik gevaarlik. Dit bly ‘n lekker uitdaging
en dit was vanjaar die wedren se 39ste herdenking. Die groot rede hoekom ek die wedloop ondersteun is as gevolg van die ryk tradisie.”
Hy sê slegs ses atlete kon nog die wedren onder 14 uur voltooi. Die tye wat Van der Merwe opgestel het is tans eerste, vierde, vyfde en agtste op die ranglys van beste tye. Hy het die huidige rekord in 2012 opgestel.
Die Washie100 Miler is die oudste 100 myl wedloop in Suid-Afrika en is vir die eerste keer op 1 Julie 1977 aangebied. Dit was die breinkind van Lionel Whitfield, ‘n prominente lid van die Buffalo Club en ondersteuner van die Buffalo Road Runners in Oos-London.
In 1976 het hy aangekondig dat hy ‘n ultramarathon ter herdenking van sy pa, George Wahington Whitfield ook bekend as Washie, will borg. Die wedloop is die volgende jaar vir die eerste keer aangebied.
Van der Merwe berei homself nou voor vir die 100 Capital Classic wat op 20 en 21 September in Pieterma­ritzburg aangebied word.
Hy sal vanjaar sy titel vir die tweede keer verdedig nadat hy hierdie resies in 2013 en 2014 gewen het.
Verlede jaar het hy 204 km in 24 uur gehardloop en hoop om vanjaar daarop te verbeter.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button