Local NewsNews

‘n Gulde geleentheid om deure vir jong kunstenaars oop te maak

LEANDRI VAN SCHALKWYK >>leandri.observer@gmail.com Met die Polokwane Art Competition wat vandeesweek sluit, loop die kunskoors hoog. ‘n Talentvolle kunstenaar van Polokwane, Mernette Swartz wat ook ‘n beoordelaar by die opkomende Polokwane Art Competition is, sê dat sy baie opgewonde oor die kompetisie is omdat dit deure vir jong kunstenaars oopmaak en vir hulle geleentheid bied …

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Met die Polokwane Art Competition wat vandeesweek sluit, loop die kunskoors hoog.
‘n Talentvolle kunstenaar van Polokwane, Mernette Swartz wat ook ‘n beoordelaar by die opkomende Polokwane Art Competition is, sê dat sy baie opgewonde oor die kompetisie is omdat dit deure vir jong kunstenaars oopmaak en vir hulle geleentheid bied om hulle talent te wys.
Swartz het aan Hoërskool Pietersburg (PHS) matrikuleer en ‘n graadkursus in grafiese ontwerp aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus behaal.
“Van kleins af het ek ‘n passie vir kuns wat ek met ander wou deel.”
Sy is ‘n deeltydse onderwyser by Laerskool Ivypark.
Sy bedryf ook ‘n kunsskool wat op die perseel van die AGS Taberna Dei Moederkampus geleë is, waar sy smiddae kunsklasse gee.
“Die kompetisie gaan wonders vir kunstenaars verrig en vir hulle goeie blootstelling gee. Ek voel geëerd om deel van die unieke kompetisie te wees,” sê Swartz.
Sy is van mening dat kunswerke wat afwyk van die gewone en waar die kunste-naar buite die boks gedink het, haar belangstelling meer gaan prikkel.
Inskrywings het gister (Woensdag) gesluit, maar laatinskrywings sal tot Sondag, 31 Mei, aanvaar word.
Temas waaruit gekies kon word, is; My Back Yard, Oceans of the World, Dream Big, Our Creative World, Design the Future en Identity.
Daar is ook ‘n fotokategorie vir leerders jonger as 18 wat hul kreatiwiteit kan laat vloei met die temas, The Wonder of Nature en Life’s Obstacles.
Die topkunswerke kan van 1 tot 6 Junie by Ocean Basket Mall of the North besigtig word.
Besoek die webwerf, www.polokwane-art.wordpress.com vir meer inligting oor die kompetisie.

Related Articles

Back to top button