Local NewsNews

Makelaar, een ander persoon sterf in motorongeluk

‘n Bron wat op die toneel was het die voorval as “tragies” beskryf.

POLOKWANE – ‘n Persoon wat gistermiddag op die ongelukstoneel was waarin plaaslike makelaar Charles van der Walt (52) naby Haenertsburg omgekom het die voorval as “verskriklik tragies” beskryf.

Die ongeluk het ook die lewe geëis van Zaskia da Silva (29), terwyl ‘n derde persoon, wat volgens bronne as Da Silva se suster geïdentifiseer is, in ‘n hospitaal opgeneem is na sy ligte beserings opgedoen het.

Die voorval het volgens die verkeersbronne omstreeks 14:30 gebeur.

Volgens die ooggetuie, wat verkies het om anoniem te bly, het ‘n groep mense kort na die voorval saamgedrom en moes toekyk hoe die motor later aan die brand sou slaan.  Nooddienstewerkers het glo spoedig gereageer.

“Dit was bitter tragies. ‘n Mens wil help maar jy kan nie. Ek het die slagoffers nie persoonlik geken nie, maar ‘n mens se hart gaan uit na hulle gesinne.”

Vervoer se Mike Maringa meen dit is waarskynlik dat die bestuurder van die motor beheer daaroor verloor het.

“Die motor het gerol nadat die bestuurder beheer verloor het. Daar was geen ander voertuie betrokke nie,” het hy aan Review gesê.

Teen die tyd dat hierdie berig verskyn het die polisie steeds nie die identiteit van die oorledenes bevestig nie, en is dit deur ander bronne bevestig.

Van der Walt was sedert 1989 aktief betrokke in die versekeringsbedryf.

Hy was die direkteur van CJ Makelaars, ‘n plaaslike saak wat korttermyn- asook lewensversekering aan kliënte verskaf. Hy het sedert 1997 as ‘n makelaar gewerk. Terwyl die maatskappy se webtuiste sy passie vir die bedryf omskryf en vertel hoe sy personeel se professionaliteit sprekend is van Van der Walt se werksetiek, het tientalle inwoners intussen hul verlies na sy afsterwe op sosiale media te kenne gegee.

Da Silva laat na wat verneem word twee kinders agter nadat haar man ‘n tyd gelede oorlede is.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button