LifestyleLocal Lifestyle

11 Goeie geestesgesondheidgewoontes vir bejaardes

Review het met maatskaplike werker Louise Smit en suster Marina Hattingh gesels om wenke te kry vir bejaardes om geestelik gesond te wees:

POLOKWANE – Gesondheid en geluk loop dikwels hand aan hand en sonder ‘n gesonde liggaam is jou geestesgesondheid ook in gevaar. Review het met maatskaplike werker Louise Smit en suster Marina Hattingh gesels om wenke te kry vir bejaardes om geestelik gesond te wees:

• Drink meer water.
• Beweeg meer. Stap saam met iemand of doen rek en strek oefeninge.
• Staan elke oggend op en trek aan asof jy dorp toe gaan. Was jou hare gereeld.
• Behou jou velsorg roetine, veral in die winter wanneer jou vel droëer is.
• Kyk vir jouself in die spieël en praat positief met jouself.
• Beplan elke dag en maak seker daar is iets om na uit te sien.
• Hou elke oggend en aand stilte tyd.

Foto: Pexels @mikhailnilo

• Mediteer of raak gereeld stil. Fokus op jou asemhaling en haal diep asem.
• Volg ‘n gesonde, gebalanseerde dieet en eet drie keer ‘n dag.
• Lag meer en hê pret. Vertel of lees grappe en neem aan aktiwiteite deel wat jou laat lag.

Foto: Pexels @mattbarnard

• Behou ‘n sosiale lewe deur gereeld kontak te maak met vriende en familie.

“Bejaardes kan ‘n dankbaarheidlys maak waarin hulle alles waarvoor hulle dankbaar is, kan aanteken. Negatiewe gedagtes moet vermy word en ons raai hulle aan om nie die heeldag geweldadige programme op die televisie te kyk nie. Om jou herinneringe uit die verlede op te roep kan jou help om positief te bly en wanneer jy dit met iemand deel, deel hulle dikwels in jou vreugde. Om ander emosies soos kwaad neer te pen help jou om ander persone te vergewe. Jy kan ook kort briefies aan ander mense wat siek en eensaam is, stuur,” raai Marina aan.

Stokperdjies wat geniet en opgevat kan word kan wees om te brei, hekel, lees, ‘n fotoplakboek te maak, speletjies soos dambord te speel en blokraaisels en sudoku in te vul.

“Om skoon te maak of iets reg te pak kan help om van die negatiewe gedagtes ontslae te raak. Jy kan ook Bybel lees, bid en hardop sing. As jy nie weet hoe om te bid nie, kan jy net Psalms hardop lees, dit help ook,” verduidelik Louise.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button