NewsSchools

Kruinies groet gr. 12’s

POLOKWANE - Curro Heuwelkruin het Vrydag hul jaarlikse Matriektee aangebied waar gr.12-leerders van dié skool vir 'n laaste keer voor die aanvang van die matriekeind-eksamen deur hul ouers en die skool se personeel getrakteer is.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin het Vrydag hul jaarlikse Matriektee aangebied waar gr.12-leerders van dié skool vir ‘n laaste keer voor die aanvang van die matriekeind-eksamen deur hul ouers en die skool se personeel getrakteer is.

Hierdie geleentheid het ook as motivering vir die eksamens gedien.

Vanjaar se gasspreker was Piet Warren van Piet Warren Plase.

Warren het in 1988 begin om swartwitpense te teel.

Sy droom was om swartwitpense met horings van 125cm en langer te teel. Dit het hy gedoen deur die beste koeie en die beste bulle te gebruik wat dan ook die genetiese ontwikkeling van hierdie boksoort oor die jare verbeter het.

Warren is vandag een van die mees suksesvolle wildtelers in Suid-Afrika en hy boer in die omgewing van Gravelotte.

Warren het die gr. 12-leerders geïnspireer en gesê hulle moet hul drome najaag.

Related Articles

Back to top button