POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg het Vrydag hul jaarlikse Madeliefiedag aangebied, net voor die begin van die gr. 12-eindeksamens.
Madeliefiedag is ‘n jaarlikse instelling waar spanne wat bestaan uit leerders van gr. 8 tot 11 teen gr.12-spanne deelneem in verskeie sportsoorte.
Uitslae:
• Meisieshokkie, gr.12-span wen 4-3.
• Seunshokkie, gr.12-span wen 7-1.
• Netbal, die skoolspan wen 43-17.
• Rugby, gr. 12-span wen 29-7.
• Krieket, gr. 12-span wen die wedstryd.
Netbal spanne warm op vir tweede laaste item op madeliefie dag.@PolokwaneReview pic.twitter.com/bQjwszgTCM
— Riana Joubert (@JoubertRiana) October 15, 2014