Local NewsNews

“Breek die stigma deur oor depressie te praat,” sê Esla

Esla Snyman het onlangs by die VLU Finesse Aandtak met die vroue gesels oor geestesgesondheid.

POLOKWANE – Esla self lei aan angsversteurings en dysthymia, wat ‘n kroniese vorm van depressie is. Sy gee raad oor hanteringsmeganismes en hoe om ‘n geliefde te ondersteun.

“Skep vir jou kind ‘n omgewing waar hy of sy veilig en geliefd voel om openlik oor hulle emosies te praat. Moenie dink dat iemand wat alles het wat hulle begeer gelukkig is nie. Leer seuns om hul swakheid en emosies te wys, breek die stigma deur oor depressie te praat. Hou van jouself en dit wat jy doen. Strewe nie na geluk nie, maar na betekenis,” raai sy aan.

Haar raad vir gesonde hanteringsmeganismes:
• Kry ‘n dankbaarheidsdagboek waarin jy elke dag drie dinge skryf waarvoor jy dankbaar is. Dit help jou om die positiewe dinge in die lewe raak te sien.
• Fisiese oefening skei goed-voel hormone af.
• Wees teenwoordig in die oomblik. Dit gaan jou help om in die hede te lewe en elke dag te waardeer.
• Maak tyd vir die stokperdjies en aktiwiteite wat jy geniet.
• Sosiale interaksies is belangrik.

Lees meer van Esla in hierdie week se Review.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button