Local sportSport

Skuts maak stemme dik in Pretoria

Die skuts van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Pietersburg-tak het die Intertak Wisseltrofee vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

POLOKWANE – Die skuts van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Pietersburg-tak het die Intertak Wisseltrofee vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Die skuts het op 20 September aan die BJV se Intertak-skietkampioenskappe deelgeneem in Pretoria by die BJV Magaliesberg-tak se bane. Tydens dié skietkampioenskappe het skuts van al ses takke van die BJV in spanverband teen mekaar vir die Intertak Wissel trofee kompeteer.

“Gedurende die kompetiese moes drie skote na ‘n stormbuffel geskiet word en die skuts is ook getoets met ‘n .22-skietiten. In die .22 is daar na teikens tot op ‘n afstand van 65m geskiet en in die jaggeweerskietafdeling is daar na papierteikens en ghonge tot op ‘n afstand van 300m geskiet,” het Rudi Myburgh, een van die deelnemers van die BJV Pietersburg-tak, vertel.

Die wenspan sowel as die naaswenners was afkomstig van Pietersburg-tak.

Pietersburg se wenspan, Rudi Myburgh, Roelof Myburgh, André Jonker en Quintin Reynolds het hulle naaste teenstander met 516 punte geklop. Die spanlede van die Pietersburg span het individueel ook skitterent gevaar.

André Jonker het met ‘n 531 uit 585 die hoogste tel-ling vir die dag behaal.

Quintin Reynolds met 501 het die tweede hoogste telling behaal, Rudi Myburgh met 484 het die vierde hoogste telling behaal en vierde spanlid Roelof Myburgh het met 477 die vyfde hoogste telling van die die dag behaal.

Roelof Myburgh het ook die individuele afdeling vir junior skuts gewen.

Die naasbeste span was ook van die Pietersburg-tak.

Dié span het bestaan uit Pieter Grimbeek, Decs de Jager, Johan Grimbeek, en Andries Ysel.

Sedert die begin van die kompetisie in 1995 het die Pietersburg-tak se skuts drie keer daarin geslaag om die trofee te wen. Die eerste keer was in 2011 met Rudi Myburgh, Andre Jonker, Quintin Reynolds en Decs de Jager as spanlede.

In 2013 het die span van Pietersburg weer die Intertak Wisseltrofee huistoe gebring en vanjaar het die span hulle eersteplek in die kompetisie suksesvol verdedig.

 

Related Articles

Back to top button