MOKOPANE – Die lang afwagtende wintersportseisoen het amptelik die naweek afgeskop en spelers van Laerskool Krugerpark, Mokopane Primary, Ortloff’s Preparatory School asook Laerskool Eugene Marais van Mookgophong was gereed om met hulle ligawedstryde te begin.
Geen toeskouers was toegelaat nie en streng Covid-19 regulasies is gevolg, maar dit het nie ‘n demper op die gees van toeskouers gesit om die spelers aan te moedig nie. Talle ouers het stoele nader gesleep om agter die skoolheining te sit en die spanne te ondersteun.
Van die afrigters het verduidelik dat die spelers verlede jaar se seisoen gemis het. “Ons het skaars begin oefen toe die inperking aangekondig is,” het een gesê en bygevoeg dat die spelers vir die eerste keer na sowat ‘n jaar terug is op die baan.