Local sportSport

Podiumplekke vir Mokopane fietsryers

Twee fietsryers het verlede naweek podiumplekke losgetrap tydens die vierde SA XCO byeenkoms wat by Bouncy Croc buite Mookgophong gehou is.

MOKOPANE – Chantelle Gouws was eerste oor die eindstreep in haar ouderdomsgroep terwyl Henro van der Walt weggestap het met ‘n tweede plek.

Die byeenkoms is wel nie deel van die amptelike Spur skolereeks nie, en die fietsryers neem deel in hulle privaat hoedanigheid vir die pret, uitdaging, ondervinding en ter voorbereiding vir die skolereeks wat binnekort begin.

Die fietsryers is reeds besig met ‘n strawwe oefenprogram om voor te berei vir die finale byeenkoms wat op 29 Mei by Stanford Lake College in Haenertsburg gehou word.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button