Local NewsNews

Wilma balanseer medies en harsprodukte in haar vrye tyd

Vir die 18-jarige Wilma Slabbert het dinge nie altyd maklik gegaan nie, maar sy bly moedig en vriendelik.

POLOKWANE – Wilma is gebore met spina Bifida en is as gevolg daarvan is in ‘n rolstoel. Sy het haar skoolloopbaan verlede jaar deur tuisonderrig voltooi en is nou besig om deur afstandonderrig medies te studeer by The University of the People.

In haar vrye tyd hou sy haar besig met die maak van juwele, sleutelhouers, troeteldiernaamplaatjies en haarknippe van hars.

“My ma is al ‘n lang ruk besig met die maak van items uit hars en het my verlede jaar na ‘n werkklas genooi. Ek het dit baie interessant gevind en besluit om dit self te probeer maak. Ons gebruik hars saam met ‘n middel wat dit hard maak. Daar is drie lae en elke laag moet eers goed droog word voordat die volgende laag op dit gegooi kan word. Dit vat nogal lank om een stuk te maak. Ons het vorms wat ons gebruik.”

Wilma maak deesdae al haar eie unieke juwele en dan kan mens ook by van die markte in die dorp na die produkte kyk. Sy en haar ma is gereelde uitstallers by die Country Blue Mark.

https://www.citizen.co.za/review-online/462490/genot-by-country-blue-mark/

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button