Local sportSport

5 redes waarom stoei ‘n goeie sportsoort is

Lené van As (17) van Ion Baciu Stoei Gimnasium deel haar redes waarom stoei ‘n goeie sportsoort is.

POLOKWANE – Daar is ‘n magdom sportsoorte waaraan jy kan deelneem, maar watter een is die regte een vir jou?

Lené van As het op die ouderdom van nege besluit om te begin stoei. Die 17-jarige is deel van die Ion Baciu Stoei Gimnasium en sal later vanjaar haar stad, provinsie en land by die Afrika Spele verteenwoordig. 

Hier is haar redes waarom stoei ‘n goeie sportsoort is:
1. Dit leer jou deursettingsvermoë en om nie net moed op te gee nie.
2. Dit is baie goeie oefeninge en fokus nie net op sekere spiere nie, maar op elke spier in jou liggaam.
3. Dit leer jou dissipline in jou sportsoort asook in die klas of by die huis.
4. Dit leer jou om respek vir jou medemens te hê, ongeag wie hulle is.
5. Stoei kan jou help om jou drome na te streef, hetsy dit in sport, akademie of in jou persoonlike lewe is.

Lees meer van haar in die week se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button