Local NewsNews

In die kol vir plaaslike skut Marzé

Marzé Becker (17), van Moulder Luggeweer Akademie, het verlede Dinsdagaand aan 'n internasionale langafstand skietwedstryd deelgeneem.

Die wedstryd is deur die Zürcher Schiesssportverband (ZHSV) en Skietklub in Zurich, Switserland aangebied, maar weens die langafstand skietwedstryd-formaat, het Marzé nie nodig gehad om oorsee te gaan om aan die wedstryd deel te neem nie.

Die toernooi se formaat laat skuts van oral toe om in hul eie tyd ‘n wedstryd op hul eie baan te kan skiet, en dan hul teikens per pos aan die organiseerders van die wedstryd te kan stuur vir punte.

Marzé het 589,5 punte behaal en in die agste posisie in haar ouderdomsgroep geëindig. Sy het die algehele 80ste posisie uit 177 deelnemers beklee en is volgens die ranglys van Suid-Afrika se Luggeweervereeniging, 15de in die land.

Volgens haar afrigter, Gene Moulder, moes Marzé hul skietsessies voor 23:59 voltooi.

“Ons is trots op haar prestasie en sy sal in die nabye toekoms een van die top skuts word. Sy is nog ‘n jongeling in die sportsoort. Sy het ook gegroei en dit is ‘n prestasie vir haar om onder die beste skuts te wees,” noem hy.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button