EntertainmentLifestyle

Borg-‘n-kind help jong behoeftiges

SOLIDARITEIT Helpende Hand se hoofkantoor het Tjommies Kleuter- en Naskoolsentrum onlangs besoek om bietjie meer inligting in te win oor wat presies nog nodig is in Mokopane om minderbevoorregte gesinne en kinders in die dorp te kan help.

Hendriëtte Williams, eienaar van die kleuterskool, sê daar gaan in samewerking met Helpende Hand en die Borg-‘n-kind-projek, gepoog word om in die nuwe jaar ‘n langdurige oplossing te vind en meer minderbevoorregte kinders die geleentheid te bied om kleuter- en/of naskool onderrig te ontvang. Die skooltassies met nodige skryfbehoeftes vir minderbevoorregte gr. 1’s van 2015 word ook binnekort uitgedeel. Om ‘n ondersteuner van die projek te word kos net R50. Kontak Williams by 084 836 0005.

Related Articles

Back to top button