Local NewsNews

Vrystaat-brande: Pak ‘n noodboks, help ‘n boer

In Polokwane kan lesers help om weer hoop aan boere te bring deur 'n noodboks vir hulle bymekaar te maak.

POLOKWANE РMet die onlangse brande in die Vrystaat het duisende hektaar veld en voer afgebrand. Ongeveer 130 000 ha weiding is in Wes-Vrystaat, Hertzogville, Boshoff, Hoopstad, Dealesville en Bultfontein omgewing verwoes. Honderde beeste, skape en wild wat nie doodgebrand het nie, moes van kant gemaak word. Plaasopstalle is ook in puin gel̻.

In Polokwane kan lesers help om weer hoop aan boere te bring deur ‘n noodboks vir hulle bymekaar te maak.

Afsetpunt vir die bokse is by Lylani Seitz, Wilgestraat 18. Skakel haar by 071 354 2211 vir meer inligting. Bokse kan ook by Vleislapa Welgelegen afgelewer word.

Finansiële skenkings kan gemaak word aan:

Bank: FNB

Rekeninghouer: AfriForum NPC

Takkode: 261550

Rekeningnommer: 62349898398

SWIFT-kode: FIRNZAJJ

Verwysing: Veldbrand

E-pos henk.maree@afriforum.co.za as jy voer of mielies kan skenk.

Daar word ook op Saterdag, 31 Oktober, ‘n dans by Mimosa Klub gehou. Toegang is slegs R20 en al die geld gaan aan die hulpfonds.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button