Local NewsNews

Vissers ontdek enorme krokodil by Arabie Dam

[FOTO'S NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE] Review het met een van die vissermanne, wat die krokodil ontdek het, gesels.

LIMPOPO – Die afgelope naweek het ‘n gewone visvanguitstappie in ‘n eienaardige ontdekking vir Rikus Muller en Martin Theunissen geĂ«indig.

Die twee vissers, onderskeidelik 25 en 21 jaar oud, het die naweek by Flag Boshielo Dam (voorheen Arabie Dam) gaan lyn natmaak, toe hulle op ‘n yslike 5,4m lange krokodil afgekom het.

Rikus en Martin kom beide van Levubu af en Rikus sĂŞ diĂ© dam is ‘n lekker plek om te hengel. “Jy sien gereeld wild as jy aan die natuurreservaat se kant met jou boot ry en jy vang ook mooi vis.” 

Hy verduidelik hoe hy en ‘n vriend van Potchefstroom die Vrydagmiddag saam visgevang het. “Ons het iets in die water sien dryf wat soos ‘n boomstomp gelyk het. Ek is ‘n baie nuuskierige mens en wou nader gaan om te sien wat dit is. Toe ons nader gaan, het ons opgemerk dat dit ‘n dooie krokodil is. Ons het seker gemaak hy is dood en ek het ‘n foto van sy poot in vergelyking met my hand geneem,” verduidelik Rikus.

Hy en sy vriend het vir Martin en sy pa die foto gewys en hulle het besluit om die volgende oggend die karkas te gaan soek. “Ons het hom gekry en met die boot uitgesleep om foto’s te neem. Daarna het ons hom weer terug gesleep dam toe, sodat die natuur sy gang moet gaan.”

Rikus kon nie bevestig waarom die krokodil dood gevind is nie.

Foto: Emjay Smit

Intussen is foto’s op sosiale media gedeel waar visvangnette in die krokodil se maag opgemerk kan word.      

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button