Local NewsNews

Groot operasie lê vir Steven voor; hy benodig jou hulp

Steven Lavender (36) is vinnig besig om sy sig te verloor weens ‘n gewas wat tussen sy regteroog en brein groei.

POLOKWANE – Op die oog af lyk Steven Lavender soos enige ander 36-jarige pa van drie woelwater seuns, maar wanneer jy met hom gesels, kom jy agter dinge is nie so goed soos wat dit voorkom nie.

Steven is vinnig besig om sy sig te verloor weens ‘n gewas wat tussen sy regteroog en brein groei. “Ek het in November agtergekom die sig in my regteroog is nie wat dit moet wees nie. My vrou, Kristine, het vir my ‘n afspraak by die oogkundige gemaak. Alhoewel Kristine en die seuns aan ‘n mediese fonds behoort, was ek nie deel daarvan nie.Die oogkundige het my na ‘n dokter toe verwys.”

Die Lavender-gesin.

Hulle het probeer om vir Steven as lid van die mediese fonds op te laai, maar intussen het hy ‘n dokter gaan sien. Dié het vermoed daar is inflammasie en het vir Steven pille voorgeskryf en hy moes ‘n week later terug gaan waartydens die dokter kon sien daar is geen verbetering nie. Steven moes die pille los en vir ‘n klomp skanderings gaan.

“Ek moes na nog ‘n dokter gaan wie ‘n kamera in my neus gedruk het. Ongelukkig kon hulle nie sien wat fout is nie, maar op 19 Februarie het die uitslae van die MRI teruggekom en bevestig ek het ‘n gewas van 4,7cm groot wat tussen my oog en my brein groei. Hulle het ‘n halwe cm uitgehaal en vir ontleding gestuur.”

Intussen het Steven en Kristine dit reggekry om hom op die mediese plan te sit, maar na die mediese fonds Steven se situasie ondersoek het, het hulle opgemerk dat sy kondisie reeds in Desember gediagnoseer is. Die hele gesin is van die mediese fonds afgegooi, maar Kristine het intussen weer by ‘n ander mediese fonds aangesluit en Steven op sy eie een. Aangesien sy kondisie ‘n huidige kondisie is, betaal hulle nie daarvoor nie.

“Die senuwee van my oog na my brein word deur die gewas vasgeknyp en dus verswak my regteroog baie vinnig. As die operasie nie gou uitgevoer word nie kan ek my sig heeltemal verloor. Tydens die operasie sal my kopvel en skedel bo my wenkbroue oopgesny word en die gewas tot teenaan die senuwee verwyder word. Daarna sal ek chemoterapie en bestraling moet kry.”

Steven vertel daar is soveel wat verkeerd kan loop tydens dié delikate operasie, soos vog op die brein ontwikkel wat breinvliesontsteking veroorsaak of hy kan selfs ‘n beroerte kry.

“Die dokters het my aanbeveel om na ‘n privaat hospitaal te gaan aangesien ek dan ‘n bed verseker sal wees. Dit is ‘n baie delikate operasie en die nasorg is baie intens en dis belangrik dat die sorg van die beste gehalte is. Die operasie gaan ons ongeveer R450 000 kos. Dr. Johann Kluge gaan die operasie gratis uitvoer by Life Groenkloof Hospitaal.”

Steven verduidelik dié geld dek nie ander onkoste soos die weeklikse opvolg besoeke aan die dokters nie en hy benodig finansiële hulp. Hy het ‘n trust rekening by Du Toit Swanepoel Steyn & Spruyt Prokureurs waar mense geld in kan betaal om die lewe vir hom makliker te maak.

Standard Bank Trust (Cheque)

Rekening nommer: 030 139 716

Takkode: 052548

Verwysing: S1598/000 / 7630.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button