Local NewsNews

[VIDEO] Betogers eis daadwerklike optrede teen geweld van vroue, kinders en seniors

Honderde inwoners het vanoggend by die Polokwane Landdroshof opgedaag om teen die geweld van vroue, kinders asook senior burgers te betoog.

POLOKWANE – Vanoggend verskyn vier verdagtes in die Polokwane Landdroshof op aanklagte van ondermeer moord op Lizette en Hettie Deacon. Buite die hof het menige betogers, meestal vrouens, hulle stem dik gemaak teen die geweld van vroue, kinders asook senior burgers.

Lees meer: [KYK] Honderde byeen om Lizette Deacon en haar ma te onthou

Die betogers voel daar moet daadwerklik opgetree word teenoor mense wat hulself aan geslagsgeweld asook moorde op kinders en senior burgers skuldig maak. Plakkate wat ondermeer lees “Geen borg” wys die erns van die saak vir hierdie betogers aan.

Review het met een van die betogers, Tinkie Wolfaardt, gesels.

Wolfaardt meen hierdie moorde het nie plek in die wêreld nie, veral nie Polokwane nie. “Moord is vir my brutaal en die wyse waarop dit gedoen word is onmenslik,” verduidelik sy. Wolfaardt is ook diep geraak deur die moord op Jakkie Grobler by Koraal-aftreeoord. “Ek woon self in Koraal en die woorde ‘moord’ en ‘Koraal’ is nie vir my woorde wat langs mekaar moet staan nie.”

Review het ook met Désirée van der Walt, DA Vrouenetwerk Woordvoerder, gesels oor haar betrokkenheid by vandag se betogings.

“In die eerste plek is ek ‘n vrou en die sake wat tans in ons howe is, is veral aanrandings en moorde op vrouens. Ons het op Vrouedag ‘n petisie geloods wat handel oor geslagsgeweld en die aanvalle op ons vrouens, kinders en ons ouer mense,” noem sy. Van der Walt sê dié petisie het tot dusvêr 2 000 handtekeninge en dat hulle beoog om die petisie vir die president in sy hande te gee teen einde Oktober.

“Ons gaan dit ook by die parlement en wetgewer indien asook die premier, verskeie ministers en die polisiekommissaris in ons provinsie. Ons voel daar moet daadwerklik opgetree word,” verduidelik sy. Van der Walt het genoem hoe “kommerwekkend” dit is dat daar ‘n oponthoud was om ‘n polisievoertuig uit te stuur na die moord op Grobler.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

Related Articles

Back to top button