NewsSchools

Kinderkuns bekoor

Werk en Wen Kleuterskool het 'n pragtige kinderkuns-uitstalling in hul skoolsaal aangebied

Werk en Wen Kleuterskool het ‘n pragtige kinderkuns-uitstalling in hul skoolsaal aangebied Woensdagaand.

Meer as 50 ouers het dié sosiale kaas- en wyngeleent-heid bygewoon en met trots die kleuters se kunswerke bewonder.

“Die uitstalling is een van ons hoogtepunte van die jaar.

“Dit is vir ons wonderlik om te sien hoe die kinders se kuns ontwikkel en om te sien hoe vol kleur die wêreld nog vir kinders is,” het Monica Strauss, die hoof van van Werk en Wen vertel.

“Wanneer die kinders begin by die skool dat het hulle nog babahandjies.

“Die onderwysers leer hulle dan om uit die skouer te teken, dan uit die elmboog te teken en uiteindelilk hoe om met hulle vingers die vorms te teken.

“Dit begin met ‘n kol of ‘n streep, vorder na ‘n gekrabbel van vorms en word dan georganiseerd, soos ‘n huis met vensters en ‘n boom in die tuin,” het sy verduidelik.

Die transformasie in die kinders se kunswerke was uitstekend ten toon gestel by die uitstalling.

Lynette Bosman en Nadia Botma tydens Werk en Wen kleuterskool se kunsuitstalling Woensdagaand.
Lynette Bosman en Nadia Botma tydens Werk en Wen kleuterskool se kunsuitstalling Woensdagaand.
Gert en Carmen Smit tydens Werk en Wen Kleuterskool se kunsuitstalling Woensdagaand.
Gert en Carmen Smit tydens Werk en Wen Kleuterskool se kunsuitstalling Woensdagaand.
Engela Roets en Marelize Jansen geniet Werk en Wyn Kleuterskool se kaas en wyn kunsuitstalling Woensdagaand.
Engela Roets en Marelize Jansen geniet Werk en Wyn Kleuterskool se kaas en wyn kunsuitstalling Woensdagaand.
Jolandi en Robert Marriott het die kleuters van Werk en Wen Kleuterskool se kunswerke bewonder Woensdagaand.
Jolandi en Robert Marriott het die kleuters van Werk en Wen Kleuterskool se kunswerke bewonder Woensdagaand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button