Local NewsNewsSchools

PHS en Piet Pot kort jou ondersteuning in virtuele rugby-kompetisie

Die BDCE Campus Cup-kompetisie het 256 skole die kans gegee om deur middel van ‘n Facebook-stemming weg te stap met R15 000 se kontant.

POLOKWANE – Die BDCE Campus Cup-kompetisie het afgeskop met 256 deelnemende skole waaronder Hoërskool Pietersburg, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Louis Trichardt.

Slegs PHS en Piet Pot het deurgedring na die derde ronde van die virtuele rugby kompetisie. Tydens elke ronde word skole opgedeel om teen mekaar te staan te kom op Facebook. Hier moet leerders, oud leerders en aanhangers van die skool dan stem watter skool moet wen. Die skole met die meeste stemme dring dan deur na die volgende ronde.

In die vorige ronde het PHS teen Hoërskool Hoopstad te staan gekom en met 65% teenoor 35% gewen. Hoërskool Piet Pot het met Hoërskool Randburg afgereken en met 51% teenoor 49% gewen.

In die volgende rondte kom PHS teen Hoërskool Belville te staan terwyl Piet Pot teen Grey College sake gaan uitspook.

Lesers kan op die skole se onderskeie Facebook bladsye gaan stem.

‘n Volgende been van die kompetisie is gefokus op laerskole. Aangesien daar baie laerskole in die land is, is daar besluit dat hulle self moet inskryf en nie soos die hoërskole se kompetisie genomineer word nie. Daar is 256 plekke in die kompetisie en sal op dieselfde metode as die hoërskole se kompetisie werk. Om in te skryf moet die skool R200 betaal en ‘n epos stuur aan campuscup@schoolofrugby.co.za om ‘n verwysingsnommer te kry vir die betaling. Die naam van die skool asook jou verbinding met die skool moet aangedui word.

Sterkte aan PHS en Hoërskool Piet Pot vir die volgende ronde wat op Saterdag eindig.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button