Local NewsNews

Tekkie Tax: Dra jou tekkies vir ‘n goeie doel

Maak 'n verskil in die lewens van ander, deur aktief deel te neem aan die Tekkie Tax-veldtog hierdie maand

POLOKWANE – Goedgesinde inwoners en sakelui van die stad kan vanjaar weer ‘n verskil in die lewens van ander maak deur aktief deel te neem aan die Tekkie Tax-veldtog wat geld insamel vir diere, sorgbehoewende kinders, persone met gestremdhede en onderwys, terwyl bydraes ook hoop kan bring aan diegene wat deur swak maatskaplike omstandighede geraak word.

Tekkie Taxdag is op 31 Julie en plakkers teen R10 elk, skoenveters teen R40 met ‘n plakker ingesluit en kleurvolle T-hemde teen R100 vir volwassenes en R80 vir kinders kan vooraf aangekoop word.

Die bestuurder van Polokwane Nasorgsentrum vir volwasse intellektueel gestremdes, Saartjie du Toit was oor die afgelope jare een van die topverkopers van Tekkie Tax-items en doen ‘n beroep op almal om die veldtog te ondersteun.

“Tekkie Taxdag sou vanjaar reeds op 31 Mei plaasgevind het, maar is uitgestel tot die einde van Julie weens die grendeltydperk en ons het dus twee maande langer gehad om te beplan,” sê Du Toit.

Kontak Du Toit by 082 257 3857 of (015) 297 1459.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button