Local NewsNews

Skool jonger kind solank in maskerdra, handewas

Alhoewel ouers nog nie seker is presies wanneer hulle kinders mag terugkeer skool toe nie, kan hulle die jongspan solank gereed maak vir wanneer dit gebeur.

POLOKWANE – Review het met Oosskool gr. R-juffrou, Anjah de Nysschen, gesels om te hoor hoe ma’s hulle grondslagfase-leerders kan bystaan.

“Dit is belangrik om verduidelikings vir jou kind visueel te hou. Dan verstaan en onthou hulle dit beter. Ek het, sonder dat die kinders sien, poeier in my hand gegooi.”

Daarna het ek vir hulle vertel hoe jy eerder in jou elmboog moet nies en toe vir hulle gewys wat gebeur as jy niƩ in jou elmboog nies nie. Ek het my hand voor my mond gehou en kamtig genies terwyl ek liggies die poeier in my hand blaas.

“Sodoende het die poeier aan die kinders gesit en kon hulle sien hoe die kieme versprei.” Anjah verduidelik dat ma’s die jongspan deur middel van speel moet leer.

“Vertel vir jou kind julle is superhelde of maanmannetjies en dat julle maskers moet dra. Vertel vir hulle, hulle kragte werk beter as hulle verder van ander mense af staan.”

Sy verduidelik dat terwyl die kinders besig met hulle skoolwerk is by die huis, hulle hulle maskers solank moet dra.

“Dis belangrik om dit in ‘n positiewe ervaring te omskep. Kinders hou van aantrek en rolspeel. Julle kan saam aan maniere dink om iemand oor ‘n afstand te groet, aangesien hulle nie meer mag drukkies gee nie.”

Sluit hulle ook in in die skoonmaak van oppervlaktes. Maak ‘n ‘superkragmengsel’ aan en laat jou ‘superheld’ die area skoonmaak.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

Related Articles

Back to top button