EntertainmentLifestyle

‘n Spesiale boomplantseremonie om orgaanskenkers te gedenk

Die Organ Donor Foundation van Suid-Afrika bied elke jaar in die laaste naweek van Augustus 'n boomplantdag by die Nasionale Botaniese Tuine in Pretoria

Wat as ‘n tragedie begin het in 2008, het in ‘n verhaal van hoop verander danksy die wonder van orgaanskenking.

Nadat Herman Botha, beter bekend as Woerie onder sy familie en vriende, in ‘n skietvoorval dood is, is sy organe geskenk.

Sy ma, Ella, het aan Review vertel dat Woerie se dood vir 11 ander mense ‘n nuwe kans op lewe gegee het.

Die Organ Donor Foundation van Suid-Afrika bied elke jaar in die laaste naweek van Augustus ‘n boomplantdag by die Nasionale Botaniese Tuine in Pretoria aan om aan vriende en familie asook orgaanontvangers die geleentheid te gee om bome te plant ter nagedagtenis aan die mense wat hul organe geskenk het sodat ander kan lewe.

Vanjaar het hierdie geleentheid op 30 Augustus plaasgevind en Woerie se ma Ella, en pa Kobus, was weer daar om ‘n boom vir hul seun te plant.

“Ons woon die afgelope vyf jaar al hierdie geleentheid by waar ons bome plant ter herinnering aan Woerie,” sê Ella.

Volgens die Organ Donor Foundation kan sewe mense se lewens gered word deur een skenker.

Die lewensgewende organe wat geskenk kan word is die hart, pankreas, longe, niere en lewer. Ook kan vel en korneas geskenk word.

“Deur saam met mense te kuier wat organe ontvang het, laat dit voel of Woerie nie verniet gesterf het nie. Hy kon ander mense help,” vertel Ella.

Om te registreer as orgaanskenker, kontak gerus die Organ Donor Foundation tolvry by 0800 22 66 11 of stuur ‘n e-pos aan admin@organdonor.org.za.

Kobus en Ella Botha, Woerie se ouers, saam met Anette Otto, suster van 'n orgaanskenker, staan by die boom wat die Bothas vanjaar geplant het.
Kobus en Ella Botha, Woerie se ouers, saam met Anette Otto, suster van ‘n orgaanskenker, staan by die boom wat die Bothas vanjaar geplant het.
Shané Murray  het 'n nieroorplanting gekry. Hier is sy besig om 'n boom te plant.
Shané Murray het ‘n nieroorplanting gekry. Hier is sy besig om ‘n boom te plant.

Related Articles

Back to top button