Local NewsNews

Kreatiwiteit vloei toe Vories Paasvensters maak

‘n Virus keer hulle ook nie om kreatief te wees nie en vir Paasfees asook Super Snuiter Saterdag was hul opdrag om ‘n Paasvenster te maak.

POLOKWANE – Een van die beginsels van die Voortrekkers is Christenskap en die afgelope naweek het die Doornkraal Komando se Voortrekkers die Paasfees saam met hulle families geniet.

‘n Virus keer hulle ook nie om kreatief te wees nie en vir Paasfees asook Super Snuiter Saterdag was hul opdrag om ‘n Paasvenster te maak. Die aktiwiteit moes op 11 April plaasvind en die Vories het slegs kwaste, verf en ‘n maklike bereikbare venster nodig gehad.

Bernadine Enslin

Die Doornkraal Komando het met groot ywer weggespring en as gesinne saam begin ontwerp aan hul Paasvensters.
Offisier Venita Olivier vertel die eindprodukte was uniek en pragtig. “Dit was nie net ‘n lekker aktiwiteit nie, maar dit het ons aandag terug geneem na waaroor Paasfees regtig gaan. Ons Jesus wat Sy lewe opgeoffer het vir ons aan die Kruis.”

CJ en Estian Meintjies se kruis

Inge de Beer, een van die Vories, vertel haar kruis op die venster herinner haar aan Jesus wat aan die kruis vasgespyker was en dat Hy so lief vir die wêreld is, dat hy Sy lewe opgeoffer het. Haar sussie Lené vertel die kleure van haar kruis herinner haar aan ‘n Paaseier en dat Jesus dood gegaan het sodat ons kan lewe.

Corné van Heerden

Jayden van Wyk se kruis herinner hom aan die teksvers in Josua 24:15 “Ek en my huis sal die Here dien. Onbeskaamd want Hy leef.”

Lelani Fourie
Brandon Fourie

Dinita Olivier sê sy ken die gesegte net gekke en dwase skryf op mure en glase. “Daarom was ek baie opgewonde om wettiglik op glas te verf en ek glo nie die gesegde is nie hier van toepassing nie. Die pas besonders in hierdie tyd aangesien ons nie die Paasfees kon kerk toe gaan nie, maar tog dit so saam by die huis kon vier. Elke #SuperSnuiterSaterdag uitdaging van die Voortrekkers lei ons aandag af van die Covid-19 virus.”
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button