NewsSchools

7de Laan-sterre skitter in die stad Vrydag

Die bekende akteurspaar, Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar man Jody Abrahams, kom op 29 Augustus Curro Heuwelkruin se Mnr. en Mej. Heuwelkruin beoordeel.

Die bekende akteurspaar, Diaan Lawrenson (Paula van 7de Laan) en haar man Jody Abrahams, kom op 29 Augustus Curro Heuwelkruin se Mnr. en Mej. Heuwelkruin beoordeel.

Diaan het in 2008 die heel eerste Mnr. en Mej. Heuwelkruin beoordeel en sê “Tieners lê na aan my hart”. Dit is dan ook hieroor dat sy gereeld rubrieke in die Finesse-tydskrif skryf. Diaan gaan ook Saterdagoggend, 30 Augustus, van 10:00 tot 12:30 ‘n drama-werkswinkel aanbied saam met Heuwelkruin se dramaonderwyser, Nicole Senekal, om die kunste in Polokwane verder te ontwikkel.

Curro Heuwelkruin is die enigste skool in die hele Limpopo waar jy dramakuns as vak kan neem van gr. 10 tot 12 en daarom nooi hulle alle gr. 7-, 8- ,9- en 10-leerders wat in die kunste belangstel, uit om die werkswinkel by te woon.

Die werkswinkel kos R250 per leerder en sal fokus op filmtegnieke, 7de Laan-beginsels en improvisasie.

Alle besprekings vir die werskwinkel kan by Nicole Senekal by (015) 2638903 of nicole.s1@curroholdings.co.za gemaak word. Ongelukkig is daar net 40 plekke beskikbaar.

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom.

Related Articles

Back to top button