Local NewsNews

Musiek is mos ‘n liefdestaal

Wanneer dit by heerlike makieties kom, kan 'n platejoggie 'n funksie maak of breek. Dit is ook waar vir troues.

POLOKWANE – Wanneer dit by heerlike makieties kom, kan ‘n platejoggie ‘n funksie maak of breek. Dit is ook waar vir troues.

Daarom is dit vir Bernadine Hugo so belangrik om die regte platejoggie vir haar troue met Gert du Preez te kry.

Dawie Lindner en sy vrou, Antoinette, sal verantwoordelik wees vir die musiek by die troue van die jaar op 30 Augustus.

Bernadine was in die wolke om te hoor Dawie en Antoinette sal die musiek op haar troue behartig, omdat sy vroeër saam met die paartjie korfbal (ringbal) gespeel het. “Nou kan ek gerus wees oor die musiek,” sê sy.

Die Lindner-egpaar is al meer as 20 jaar in die musiekbedryf en het al saam met bekende kuns-tenaars soos Nicholis Louw en Lianie May gewerk.

Hulle sal nie net die musiek vir Bernadine en Gert se troue verskaf nie, maar ook die beligting en ‘n rookmasjien.

Bernadine sê sy is veral opgewonde oor die rookmasjien, want dit verleen ‘n tikkie romanse en mistiek aan die dansbaan.

“Ons het ook verskillende klankstelsels vir die onthaalsaal en die kapel,” sê Dawie.

“Omdat ons reeds soveel ondersteuning van die gemeenskap gekry het vandat ons 20 jaar gelede by Tom Naudé begin het, wil ons graag iets vir ander doen.

“Ons speel gereeld by funksies vir Kansa en ouetehuise. Ons help graag waar ons kan,” sê hy.

Dawie, Antoinette en Bernadine het die liedjies bespreek waarop Bernadine in die kapel gaan inloop, die paartjie hul eer-ste dans sal dans en waarop die gaste die res van die aand gaan omdans.

Die liedjies wat sal speel wanneer sy die ruiker gooi en die koek sny, moet nog gekies word, maar dit sal Bernadine en Gert later met Dawie bespreek.

“Noudat ek weet wie die platejoggie is, is ek baie tevrede. Baie dankie,” sê Bernadine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button