Local NewsNews

Het jy geweet jou vier-voetige vriend het ook regte?

Net soos mense regte het, het diere ook regte, al is hulle vir sommiges net diere. Vir ander is hulle veel meer soos vriende, bondgenote en self kinders of familie.

POLOKWANE – Review het gaan uitvind watter wet gebruik word om mense aan te kla vir dieremishandeling. Selma Landman, bestuurder by die DBV, het ons gehelp hiermee.

“Om iemand aan te kla vir dieremishandeling word artikel 2.1 (a) tot 2.1 (s). Dit sluit oortredings in soos om ‘n dier te oorlaai, sleg te behandel, kwaad te maak, te martel of wreedaardig te slaan of skop en selfs skrik. Diere mag ook nie vasgemaak word sodat hulle ly nie. Om ‘n dier te laat honger ly of keer dat hy water drink is ook teen die wet. Die dier se blyplek moet ook skoon en vry van parasiete wees.”

Om ‘n dier vas te maak aan werkstoerusting wat hulle kan seer maak is ook teen die wet en om diere wat reeds nie in die toestand is om gery te word of mee te werk nie, verder te ry of te laat werk.

“Diere eienaars wat hulle diere blootstel aan gif of dwelms of wat hulle net aan hul eie lot oorlaat wat kan lei daartoe dat die diere ly, kan ook aangekla word van dieremishandeling. Indien ‘n persoon enigsins skuldig bevind sou word aan die oortreding van hierdie wetgewing, kry hy ‘n kriminele rekord. Die regter kan dan besluit of die persoon glad nie meer diere mag aanhou nie of net vir ‘n tydperk van byvoorbeeld vyf jaar, of selfs net sekere diere.”

Die regter kan ook besluit of die person ‘n boete moet betaal en die DBV betaal vir die onkostes om die dier te red, te vervoer, te behandel, of voor te sorg.

“Ons wil nie graag hê dat die persoon gemeenskapsdiens doen nie, want dis net ‘n slap-on-the-wrist. Ons wil graag hê hulle moet krimenele rekords kry.”

Wanneer daar ‘n klagte inkom moet die inspekteure deur middel van foto’s en verklarings bewyse bymekaar maak. Ongelukkig word die getuies dikwels geïntimideer en dan wil hulle nie verklarings gee nie. Dis dikwels bure of familie wat dan nie betrokke wil raak nie.

“Die inspekteurs moet self van die begin af by die saak betrokke wees, want dan het hulle eerstehandse inligting en bewyse. Ons kan nie iets doen as iemand anders iets gesien het of as al die bewyse al weg is teen die tyd wat inspekteur opdaag nie. Dis soos enige saak. Daar moet bewyse wees van foto’s, video’s en so voorts. Anders is dit ons woord teen die eienaar se woord.”

Die dosier met al die bewyse word dan aan die polisie oorhandig wie dan ‘n aanklaer aanstel om die saak te hanteer. Die inspekteur word dan as hoof getuie in die saak gebruik om die saak namens die DBV te stel.

“Dis baie jammer dat diere mishandeling nie altyd prioriteit kry nie. Sake behoort binne ses maande afgehandel te wees, maar dit neem meeste kere baie langer as dit, aangesien daar altyd probleme met getuies en tolke is. Ons donkie saak in Bochum is al sewe keer uitgestel en is nou al 18 maande op die boeke. Ons inspekteur moet gereeld bel en vra wat gaan aan, wanneer kom die saak voor en so aan. ”

Selma verduidelik alles draai altyd om die welfaart van die dier.

Daar is vyf vryhede wat die DBV gebruik in ons sake:

• Vryheid van honger en dors.

• Vryheid van angs en vrees.

• Vryheid van ongemak.

• Vryheid van pyn en beserings.

• Vryheid om volgens hulle natuur op te tree.

“Selfs wanneer ‘n hond vasgemaak word, moet dit menslik wees. Verkieslik met ‘n band en nie ‘n ketting nie, en daar moet n “runner” wees, sodat die hond darem op en af kan beweeg. Die hond moet kan beweeg, rondloop en gemaklik lê. Solank hy water, skuiling en kos het en die eienaar ‘n goeie rede het waarom die hond met ‘n band vasgemaak is, kan ons niks doen nie, solank daar nie mishandeling by betrokke is en die hond ly nie. So ons kan niemand aankla omdat hy bloot ‘n hond aan ‘n band of ketting het nie. Ons moet dan aankla vir iets soos geen water, geen kos, geen skuiling of omdat hy nie kan beweeg nie of wanneer die band in sy nek in sny. Ons voed die eienaar gewoonlik op en probeer hom oorreed om nie die honde vas te maak nie, en as hy moet, dan ‘n draad van ten minste vyf meter moet span, sodat die hond kan beweeg. En om die ketting te vervang met ‘n band.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button