EntertainmentLifestyle

Ouer garde kuier saam met Jammies in stad

Bolivia Lodge het die senior burgers van die stad verlede Vrydag bederf met 'n konsert van Jammies Jamneck en Louis-John asook 'n uithaler-middagete.

POLOKWANE – Bolivia Lodge het die senior burgers van die stad verlede Vrydag bederf met ‘n konsert van Jammies Jamneck en Louis-John asook ‘n uithaler-mid-dagete.

Jammies het die gehoor vermaak met lekkerlag-stories, terwyl Louis-John die hartsnare geroer het met sy pragtige stem.

Sonja Randall, bemarkingsbestuurder van Bolivia Lodge het verduidelik dat hulle dié konsert gereël het om vir die ouer mense te wys dat hulle waardeer word in Polokwane. “Dis ons manier om terug te gee aan die ouer geslag,” het sy gesê.

Jammies het die lagtrane laat loop met sy raak beskrywings en spitsvondige vertellings van die lewe op ‘n plaas in vervloë dae. Hy het die gehoor laat skaterlag met sy beskrywing van die wedstrydreëls en spel van ‘n krieketwedstryd.

Louis-John het ou Afrikaanse gunstelinge soos Sprokie vir ‘n Stadskind en Liefling gesing. Hy het ook treffers van internasionale sterre soos Elvis Presley en Dean Martin gesing.

“Dit was heerlik om so saam te kuier. Ek waardeer wat Bolivia Lodge vir ons doen,” het Miems Visage, een van die gaste, gesê.

Lyna Viviers, areabestuurder van Avbob, het die gaste ook toegespreek oor Avbob se dienste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button