Local NewsNews

Winter Knights reik warm hand uit

Verlede jaar het lede van die Tafelronde 22 in die koue voor Pick n Pay Cycad gestaan om komberse, geld en nie-bederfbare kos in te samel.

POLOKWANE – Verlede jaar het lede van die Tafelronde 22 in die koue voor Pick n Pay Cycad gestaan om komberse, geld en nie-bederfbare kos in te samel.

Vanjaar pak hierdie organisasie hul Winter Knights-projek effens anders aan.

Die doel van die Winter Knights-projek is om komberse, warm klere en nie-bederfbare kos in te samel en dan aan behoeftiges te skenk.

Die Winter Knights-projek is reeds in volle gang en Dawid van der Walt, sameroeper van dié projek in Polokwane, sê Tafelronde 22 wil in die eerste week van Julie hul eerste oorhandigings doen.

“Verlede jaar het ons meer as R29 000 se komberse, kos en geld ingesamel. Ons het dié goed geskenk aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging en Aretha Tehuis,” het hy vertel.

Tafelronde 22 gaan nie vanjaar by ‘n winkelsentrum staan om hul insamelings te doen nie en het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak.

“Ons gaan die kos aan Aretha Tehuis skenk en die klere en komberse aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging.

“Ons vra dus die gemeenskap van Polokwane om weereens hul harte oop te maak vir die mense daar buite wat in nood is hierdie winter,” het Van der Walt gesê.

“Om dit te vergemaklik vir almal, koop die lede by Tafelronde 22 die komberse self aan teen R50 per kombers, maar ons aanvaar ook enige skenkings van komberse of nie-bederfbare goedere.”

Vir meer inligting oor hoe om by die Winter Knights-projek betrokke te raak, kontak Van der Walt by by 082 375 5925 of Frank Hislop, Tafelronde 22 se voorsitter, by 082 775 4023.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button