NewsSchools

PLS sokkie en kuier saam met Eufeeshuis-inwoners

Van oud tot jonk het dit terdeë geniet en sal dit nog vir lank onthou.

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool se gr. 7-leerlinge  het die voorreg gehad om onlangs saam met die inwoners van Eeufeeshuis te gaan sokkie en kuier. Van oud tot jonk het dit terdeë geniet en sal dit nog vir lank onthou.

“Die gemeenskap het ingespring en gehelp deur inwoners se hare mooi te maak en hulle te grimeer. Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om vir Likha Hair and Beauty Therapies, Loutique L’amour en Split Ends Salon, te bedank. Ek wil ook vir Grounded Container Bar bedank vir die leen van hulle springmielie- en spookasemmasjien asook vir julle omgee en betrokkenheid,” vertel PLS skakelbeampte, Charlotte van der Berg.

Christa van der Walt, die Direkteur van APD Limpopo en Bestuurder van die Eeufeeshuis in Polokwane, het aan Review vertel die besoek van die leerders het baie vir die inwoners beteken.

“Mense daarbuite verstaan nie altyd dat die mense hier ook smag na menslike interaksie nie. Dit beteken vir hulle ongelooflik baie dat mense soveel omgee om hulle te kom mooi maak en saam met hulle tyd te spandeer. Dit beteken vir my as Bestuurder van die huis ongelooflik baie dat kinders wat op skool is, tyd maak vir so ‘n saak en ons wil vir elkeen dankie sê vir hulle tyd en omgee,” vertel Christa.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button