Local sportNewsSchoolsSport

PHS-atlete glo harde oefening laat die rekords spat

Twee van die sterre van die atletiek baan en veld van Hoërskool Pietersburg laat nie op hulle wag nie en breek die een rekord na die ander by atletiekbyeenkomste.

POLOKWANE – Cor Muller blink uit op die baan en laat beide die 400 m en 400 m hekkies maklik lyk. “Harde werk is die enigste rede vir my sukses hierdie seisoen,” vertel hy. Hy is tydens die onlangse Janus Robberts atletiekbyeenkoms aangewys as die Senior Victor Ludorm asook die beste baan atleet. Hy sê hy het gedurende die skoolvakansie en deur die eindeksamen aanhou oefen om te kan bereik wat hy graag wil. Sy volgende mikpunt is om die 400 meter in 50 sekondes of minder te hardloop. Hierdie mylpaal is beslis vir hom bereikbaar as jy sy huidige tyd, net oor die 55 sekondes, in ag neem.

Indien hy die 50 sekonde merk bereik, kwalifiseer hy outomaties vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap – iets wat hy graag sal wil doen. Cor neem ook aan hoogspring deel en mik daarna om 1,95 meter hoog te spring.

“Om akademie en atletiek te balanseer is baie belangrik. Jy moet sit en leer maar ook die werk insit want mens kan nie net die een ding of die ander ding doen nie,” vertel Cor.

Cor Muller blink uit op die baan in beide die 400 m en ook die 400 m hekkies.

PHS se ander uitblinker, Niel Smit blink uit in spiesgooi sowel as diskus. Niel het reeds vanjaar in die skool se grade atletiek en Janus Robberts atletiek rekords met meer as 10 meter verpletter. Hy is tydens die laas genoemde byeenkoms aangewys as die beste veld seuns atleet.

“Die afstand waarmee ek die rekord gebreek het, was nog nie my persoonlike beste nie,” vertel Niel.

Hy vertel dat hy beter kon doen maar sy mikpunt vir die jaar is om die top drie te behaal by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskap.

Hy glo die geheim om goed te presteer is om hard te oefen, vertroue en bo alles geduld met jouself en geloof.

Sy raad aan ander atlete is om nie net saam met die afrigter te gaan oefen nie maar ook op hulle eie. “Gaan sit die werk in, in die gimnasium en jy sal nie glo wat jy kan bereik nie,” vertel Niel.

Neil Smit laat die diskus vlieg as hy die net binne stap.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button