BlogsOpinion

Wees altyd bly!

Wees altyd bly

Daar is dié wat sê: “Wees altyd bly.”

Loof net die Here in swaar tye, dan verander alles. Hierin mag waarde wees, maar die Jode het ook anders hieroor gedink.

Om by God te kla en Hom selfs aan te kla was deel van hulle verhouding met Hom.

Hulle aanbidding het verder gegaan as net “praise and worship!” Hulle het nie net gesing “Wenner, wenners, wenners” nie. Hulle het ook oor hulle pyn, verliese en seer gesing.

Hierom het ons kerkvaders dit goedgedink om ‘n bundel liedere soos Klaagliedere in die Bybel op te neem.

Die leegmaak van jou hart voor God verander mos die manier waarop jy na God kyk. Om jou hart leeg te maak, is om jou hart oop te maak vir hoop en genesing.

Om met God te worstel bring ‘n nuwe perspektief op God. God slaan en troos, Hy breek en bou.

Geloof is om soms in ‘n vreemde God vas te loop. Geloof is om soms in die donker te sit.

Dit mag jou ervaring wees dat God jou verlaat het. Jy kan en mag jou hart voor God oop- en leegmaak.

Dikwels word die moeilike vrae in die lewe nie opgelos nie. Ons vrae oor pyn en lyding het nie maklike antwoorde nie.

Hieroor sê CS Lewis: “As daar maklike antwoorde vir pyn was, sou ek deur riole gekruip het om dit te vind”.

Oppas vir maklike antwoorde. Maklike antwoorde is goedkoop en bring net nuwe vrae.

God moet weer vir ons onverstaanbaar word. Wie dink dat hy God geheel verstaan en Hom in sy greep het, aanbid ‘n afgod.

“It would indeed be terrifying to worship a God we could figure out,” sê Kara Powell.

Ons kan God ken, en met Hom in ‘n verhouding lewe, maar Hom verstaan? Ek sal moeilik daarvan oortuig word.

Om God te ken is nie om alles van Hom weet nie en God vrywaar ons ook nie van die risiko om seer te kry nie.

Leer om te wag tot God ingryp. Dit gee diepte aan jou verhouding met Hom.

Die Engelse aanhaling sê dit treffend: “When life is heavy and hard to take, go off by yourself. Enter the silence. Bow in prayer. Don’t ask questions: Wait for hope to appear. Don’t run from trouble. Take it full-face. The “worst” is never the worst. Why? Because the Master won’t ever walk out and fail to return.

Ons karakter word veel eerder gevorm in die swaar tye, as in die maklike tye. Jy weet waarvan ek praat, nie waar nie?

God het nie van jou vergeet nie! Hoe weet jy dit? Kyk terug. Hoekom? Jy kan nie in die toekoms ingaan sonder om terug te kyk en God se hand regdeur jou lewe raak te sien nie!

Wie terugkyk kan vorentoe hoop!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button