Local NewsNews

Tuinbou-lede leer van Salie, nuwe plante en witvliegies

Salie word gebruik vir 'n seerkeel, mondsere en tandvleis infeksies, aknee, puisies en verkoue asook in mondspoelmiddels.

POLOKWANE – Lede van die Pietersburg Tuinbouklub het tydens die eerste vergadering van die jaar kennis gemaak met die plant van die maand asook ‘n nuwe vrystelling.

Drienie Bosman het vertel van die Salie-plant wat ook bekend staan as die Salvia divinorum. “Hierdie plant bied langdurige kleur in jou tuin. Jy kry jaar-plante, twee jaar-plante en ook meerjarige plante. Hulle kort goeie grond wat goed dreineer en is inheems. Hierdie plante kan in vol son geplant word en moet matige water kry aangesien hy nie van nat wortels hou nie.”

Salie word gebruik vir ‘n seerkeel, mondsere en tandvleis infeksies, aknee, puisies en verkoue asook in mondspoelmiddels.

Ongelukkig lok Salie ook witvliegies maar Lizzy Altenroxel van Greener Tidings, verduidelik ‘n helder geel bod met Vaseline op, lok die witvliegie weg van die plante af.

Lizzy het ook twee nuwe vrystellings bespreek naamlik die mystic move en mystic magenta. “Hulle is deel van Black Diamond Pride of India boom reeks en word groot bome. Hulle verloor hulle blare in die winter en blom vanaf die lente tot in die laat somer. Hierdie plante is baie onlangs eers uitgebring.”

Lizzy vertel ook van die broodbome in die stad wat siektes opdoen as gevolg van ‘n wit luis. “Die boom lyk gesond maar stoot glad nie ‘n nuwe kroon uit nie. Daar is verskillende maniere om dit te behandel.”

Laastens gee Drienie die wenk om nou, in Januarie, jou rose terug te snoei om seker te maak hy blom weer mooi.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button