Local NewsNewsUpdate

‘Die Here is goed vir my’ – Ronelle sterk aan na honde-aanval

Nog operasies moet volg en daar is steeds 'n bedrag verskuldig.

POLOKWANE – Ronelle Seitz, wat op 26 Oktober deur twee Amerikaanse veghonde (pit bull terriers) by haar huis aangeval is, het net een wens gehad en dit was om voor Kersfees weer normaal te kan lyk en te kan lewe.

Dié wens is bewaarheid nadat sy weer geopereer is om die skade aan haar gesig te herstel. Die drie-uur lange operasie is in Pholosho Netcare Hospitaal afgehandel, maar daar is steeds ‘n bedrag verskuldig wat die familie kan afbetaal.

Ronelle is ‘n sekretaresse en het nie ‘n mediese fonds nie. Sy het reeds twee vorige operasies ondergaan en sterk tans tuis aan. Sy is weer op 5 Desember geopereer om verdere rekonstruksie aan haar gesig te doen.

Lees meer:  Polokwane dog attack victim still needs your help

Volgens die familie se woordvoerder, Tess Riekert is die dokter tevrede met die operasie. “Daar gaan nog ‘n operasie en ook ‘n klompie klein operasies volg, maar vir nou het sy haar wens gekry,” vertel Riekert.

Seitz sê die wondsorg suster kyk baie mooi na haar by die huis waar hulle elke tweede dag haar wonde skoonmaak.

“Graag wil ek net sê hoe goed die Here vir my was, al my wonde het geen infeksie getoon nie. Ek het hierdie as ‘n baie traumatiese gebeurtenis ervaar maar God was en is steeds baie goed vir my,” vertel Seitz.

Vir bydrae:

FNB

BOYF Back on your Feet
Reg.no: 2017/183334/08

Besigheids tjek:

Rekening nommer:  62707950326

Tak kode: 251045

Ref. Medies RS

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button