Local NewsNews

Remmie, Bosveld Jagters se optelkind

Verwese en verslete kom die mediumgrootte brakkie by Bosveld Jagtersvereniging se kroeg aan. Dood van die dors, vol vlooie, maer en uitgeteer.

POLOKWANE – Dit is die einde van Remmie Bosveld of net Remmie, soos hy nou onder die kliënte van dié kuierplek bekend staan, se swaarkry tyd.

Remmie is ‘n reunhond en die eienaar van die kroeg, Piet Oliemans, vertel hulle weet nie hoe oud hy is nie. “Hy moet ouer as Noag wees en hy bly nou al vir so twee jaar permanent hier by ons. My kliënte en personeel het hulle aan die begin oor hom ontferm, hom veearts toe gevat waar hy ingespuit en ondersoek is en ook na ‘n honde salon waar hulle hom gebad het. Hy was vol vlooie en bosluise.”

Remmie slaap op sy bed by die vroue badkamer en aangesien hy, volgens Piet, net twee tande het, kry hy lekker bederf vleis stukkies, blikkies kos en pap of honde pille met melk in.

“Hy hou van maats maak en diskrimineer teen niemand nie. As hy nie van jou hou nie, hou hy nie van jou nie, maak nie saak wat nie. Hy is ‘n opregte hond, dalk is daar selfs ‘n bietjie jakkals in sy bloed.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button