NewsSchools

Elwe sluit jaar op ‘n hoë noot af met Lente Liedjie-kroon

Dit was tyd vir die jaarlikse Lente Liedjie en dié verskeie groepe het ten toon gestel dat hulle weet hoe om te werk te gaan om bekende Afrikaanse liedjies hulle eie te maak en ook selfs die Engelse liedjies nuwe klank te gee.

POLOKWANE – Die skuif van onder die sterre na binne die skoolsaal het nie die gees en talent van die onderskeie graadgroepe van Hoërskool Pietersburg gedemp nie. Dit was tyd vir die jaarlikse Lente Liedjie en dié verskeie groepe het ten toon gestel dat hulle weet hoe om te werk te gaan om bekende Afrikaanse liedjies hulle eie te maak en ook selfs die Engelse liedjies nuwe klank te gee.

Die gr. 8 tot 11 leerders het die kans gehad om die beoordelaars, wat bestaan het uit personeel en die hoof van die skool, te betower met hul danspassies en ook sang-vermoë om op die einde van die aand die meeste punte te verwerf.

Nie eers die Bok-ondersteunende gr. 9-groep kon die gr. 11-groep weerhou van die trofee nie.

Die groep was trots op hulle oorwinning aangesien vanjaar hulle laaste jaar is wat hulle aan die kompetisie kan deelneem.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button