NewsSchools

[VIDEOS] Mnr. en Mej. Lente, ‘n ‘lekker’ kompetisie

Die tema vir die oggend was lekkergoed en elke finalis moes lip sync op 'n liedjie wat handel oor lekkergoed of die soet deel van die lewe.

POLOKWANE – By Oosskool beteken lente nie net blomme en vlinders nie, maar ook Mnr. en Mej. Lente. Op Vrydagoggend was dit dan ook weer tyd vir die jaarlikse kompetisie waaraan die gr. 4-groep deelneem.

Daar word twee leerders uit elke klas gekies om deel te neem aan die pret-dag. Dié leerders moet dan ‘n danspassie op die verhoog doen, terwyl die beoordeelaars krop krap. Die beoordeelaars vra dan ‘n vraag aan elke deelnemer waarna die wenner gekies word.

Hierdie jaar se finaliste was Mia Botha, Greeff van Wyk, Meya Cordewener, Waldo Mouton, Danica de Lange, Liam Nel, Jade Campbell, Daniël Basson, Liz-Mari Mussman, Zachie Schnell, Lize van den Berg en Regardt Els.

Die tema vir die oggend was lekkergoed en elke finalis moes lip sync op ‘n liedjie wat handel oor lekkergoed of die soet deel van die lewe.

Hulle het ook almal gesorg dat die leerders in die gehoor bederf word met lekkergoed.

Na ‘n verrassings-optrede deur onderwysers, PJ Strydom en Jan-Boland Deysel word Jade Campbell en Regardt Els as Mnr. en Mej. Lente aangekondig.

“Dit was baie lekker en ek was net so bietjie bang,” erken Jade terwyl Regardt die ervaring as fantasities beskryf.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Back to top button