GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

[VIDEO EN FOTOS] Teddies is trotse Suid-Afrikaners

Erfenisdag is 'n publieke vakansiedag met die oog daarop om tradisie en kultuur te vier. Die kleuters by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het hierdie dag op Vrydag, 20 September herdenk deur meer oor die verskeie tradisies en kulture te leer.

Daar was verskillende stasies by die skool opgestel waar die kleuters kon leer volkspele dans, bokdrol spoeg, melktert en beskuit eet, toutrek en ook driebeen en sakspring. Op die laaste stasie is hulle bederf met lekker pap en tamatie en uie sous wat hulle met hulle hande geëet het.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button