NewsSchools

Seisoene in ‘n kind se lewe op die planke

Laerskool Pietersburg se revue vanjaar, Seisoene in 'n kind se lewe, vind op 11, 12, 16, 17, 18 en 19 September plaas en kaartjies word teen R70 elk verkoop.

POLOKWANE – Septembermaand bring lente tot gevolg, ‘n seisoen wat gepaard gaan met nuwe dinge. ‘n Seisoen amper sinoniem met die nuwe uitdagings wat ‘n kind jaar-na-jaar in sy/haar lewe ervaar.

Laerskool Pietersburg se revue vanjaar, Seisoene in ‘n kind se lewe, vang hierdie gebeurtenisse met sang en dans vas en plaas dit op die verhoog vir almal om te aanskou. Die onderskeie graadgroepe is al vir maande aaneen reeds hard aan die oefen vir hierdie geleentheid.

Suidskool se revue tema vanjaar is, Seisoene in ‘n kind se lewe, en hier is die gr. R leerders besig om saam met hulle onderwysers vir die aand voor te berei.

Buiten vir die graadgroepe wat swoeg-en sweet om die aand ‘n sukses te maak, is die personeel ook in die geheim besig om aan ‘n vertoning te werk. Dié vertoning beloof om die gehoor skoon uit die veld uit te slaan.

Die vertonings vind op 11, 12, 16, 17, 18 en 19 September plaas en kaartjies word teen R70 elk verkoop. Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar en ondersteuners word gemaan om so gou moontlik kaartjies te koop om teleurstelling te voorkom.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button