Local NewsNews

Kierieklapper beloof vermaak vir oud en jonk

Die feeshekke op die rugbyveld van Hoƫrskool Piet Potgieter maak Donderdag om 09:00 oop en tot Saterdag toe kry feesgangers kans om van die land se bekendste Afrikaanse kunstenaars op die verhoog te sien saam met al die ander jolyt.

MOKOPANE – NaĀ verledeĀ week se protes en chaos in die dorp, is dit nou tyd om die goeie en positiewe gees aan te wakker met die afskop van die jaarlikse Kierieklapper Kunstefees.

Die feeshekke op die rugbyveld van HoĆ«rskool Piet Potgieter maak Donderdag om 09:00 oopĀ  en tot Saterdag toe kry feesgangers kans om van die land se bekendste Afrikaanse kunstenaars op die verhoog te sien saam met al die ander jolyt. Die fees is die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se grootste fondsinsameling.

Lees ook:Ā [FOTOā€™S] Kierieklapper Kunstefees ā€“ ā€˜n Jolige fees met ā€˜n goeie gees

Wimpie Engelbrecht, Bestuurder van die Dienssentrum, vra dat feesgangers ou bruikbare truie en baadjies saambring fees toe as ā€˜n skenking aan die bejaardes. ā€˜n Houer sal by die ingang wees, waarin dit geplaas kan word.

Die fees het weer talle stalletjies met allerlei ware wat te koop sal wees. Kom smul aan die lekkernye of geniet die ritte in die pretpark. Die gewilde biertent is reeds staangemaak en gereed vir lang kuiers saam met vriende. Voorskoolse kinders kan die fees gratis bywoon.

Die program:

Donderdag, 8 Augustus:

Die toegangsfooi is R70 per persoon.

09:00 Oggend oordenking.

14:30 Dance Mouse.

15:00 Mokopane Primary se trompoppies.

18:00 Gasvroufunksie in die skoolsaal saam met Marion Holm.

18:45 Dillon Lerm.

19:30 Joe Foster.

20:45 Liezel Pieters.

21:45 Appel.

Vrydag, 9 Augustus:

Die toegangsfooi is R90 per persoon.

09:00 Oggend oordenking

09:10 Krugerpark Trompoppies.

10:00 Lollos.

12:15 Lyndanse.

14:00 Buster en Bella.

15:0 Francois Bouwer.

17:15 Dag 3 Gospel Band.

18:30 Dillon Lerm.

19:30 Dirk van der Westhuizen.

20:30 Andriƫtte.

21:15 Die Heuwels Fantasties.

Saterdag, 10 Augustus:

Die toegangsfooi is R100 per persoon.

07:00 Pretdraf.

09:00 Oggend oordenking.

10:00 Mej Kierieklapper (Pierneefsaal).

10:00 Dienkie en Doodels.

15:00 Francois Bouwer.

18:00 ElandrƩ.

19:00 Dillon Lerm.

20:00 Monique Steyn.

21:15 Bok van Blerk.

Sondag, 11 Augustus:

18:30 Kevin Leo in die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk.

bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button