NewsSchools

Riaan nou in beheer van Marné Ebersohn Akademie se sport

Met die begin van die nuwe skool kwartaal het Marnè Ebersohn Akademie besluit om 'n paar aanpassings te maak.

POLOKWANE – Deel van hierdie veranderinge is daar ‘n nuwe sport organiseerder aangewys. Riaan van Wyk is wel bekend met die skool, as onderwyser en voorheen as ouer toe sy kinders daar skool gegaan het.
“Ek sou oorspronklik net skakelbeampte gewees het, met een van my pligte om na die sport om te sien,” vertel hy.
Riaan noem dat daar baie beplanning rondom die ontwikkeling van sport by die skool is, wat die toevoeging van nuwe sportsoorte insluit. Die sportsoorte sluit in bulletjie-rugby en mini-netbal, om van kleintyd af te help om die sportsoorte by leerders te ontwikkel en te bevorder.
Hy vertel dat hy al die jare, reeds van sy skool dae af, ‘n sportman is. Hy was ‘n gewilde gewigstoot afrigter in die stad en het verskeie van sy atlete gekry om Suid-Afrikaanse rekords te breek.
Na skool het Riaan rugby en krieket op klubvlak gespeel. Sy raad aan ouers wat onseker is of hulle kind sport moet beoefen of nie: “Die deelneem van sport is goed om spangees onder kinders in te bou en hulle bloot te stel aan ander velde as net die gewone in die klaskamer, en vriendskappe ook,” vertel Riaan.
Riaan voel dat fiksheid op alle gebiede ten voordeel vir leerders kan wees.
Hy beskryf homself as iemand wat lief is vir kinders, ‘sportvriendelik’ en altyd ‘n eerlike mens. “Ek dink dis belangrik dat mense verstaan dat ek baie sport gedrewe is, maar dat ek 100% glo in die balans tussen sport en akademiese prestasie.”
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button