Rotary 100 help Ystertjies met Lego bou
Lego bou blokkies is 'n gunsteling onder kinders, maar nie almal kan dit bekostig nie.
POLOKWANE – Met die ingedagte het Vincent Cloete van die Rotary Klub 100 die Ystertjies by Laerskool Pietersburg gaan bederf met hierdie blokkies. Vincent het aan Review vertel dat die blokkies deur die Lego maatskappy aan die Rotary Klub geskenk het.
Rotary Klub het toe besluit aan wie hulle die blokkies sou gee. “Die blokkies is baie goed vir die ontwikkeling van die leerders en help hulle met veral fyn motoriese vaardighede en konsentrasie,” vertel Vincent. Hy voeg by dat die Ystertjies vir die skenking van hierdie blokkies oorweeg is, omdat hulle omstandighede dit nie toelaat vir hulle om dit self aan te koop nie.
Die Rotary Klub 100 is bekend vir hulle liefdadigheidswerk in die stad en is betrokke by verskeie projekte, waar hulle geld insamel en dan dit gebruik om die gemeenskap in en om Polokwane by te staan.