Local NewsNews

Moenie Jay en Lianie in Polokwane hierdie Vrydagaand misloop nie

Lesers het nog net een keer van te vore die geleentheid gehad om na dié lieflinge saam in hul tuisdorp te luister en Review het met Jay en Lianie gesels om te hoor wat ons te wagte kan wees.

POLOKWANE – Afrikaanse musiek liefhebbers kan uit sien na ‘n opwindende optrede van die Bonnie en Clyde van Afrikaanse musiek, Jay en Lianie May.

Die gunsteling sangpaar is Vrydagaand te sien by Polokwane Gholfklub, na dié klub en Hoërskool Pietersburg se gholfdag.

Lesers het nog net een keer van te vore die geleentheid gehad om na dié lieflinge saam in hul tuisdorp te luister en Review het met Jay en Lianie gesels om te hoor wat ons te wagte kan wees.

“Ek was oor die laaste paar jaar nogal gereeld daar, maar dit is al bietjie lank vandat ek laas daar was so ek is opgewonde om weer te kom kuier. Dit is een van my gunsteling plekke om in die bosveld te gaan sit en rus en dit is presies wat ek gaan doen voor die show. Ietsie vir die pot skiet en die vars lug inasem. Ek het al baie vriende daar gemaak oor die jare en ek sien uit om hulle weer te sien,” vertel Jay.

Oor die 12 jaar wat Lianie al die land vol toer, was sy al ‘n paar keer in Polokwane.

“Ek hoop om nog baie in die toekoms daar te kan optree. Dis altyd lekker in julle dorp. Dis altyd lekker waar die mense saam sing en dans en ons musiek geniet. Die laaste paar keer was baie lekker in Polokwane en daar is lekker mense. So ek hoop dat ons weer op 12 Julie dit kan lekker maak vir die dorp en sy mense,” verduidelik sy.

Lianie sien uit daarna om weer met Jay die verhoog te kan deel. “Dit bly elke keer ‘n voorreg as die mense ons as duet-paar ondersteun. So ek sien uit om van my nuwe liedjies, nuwe duette van ons nuwe album Beste van Jay & Lianie, asook natuurlik al die ou gunstelinge te sing.

Jay sluit by haar aan en sê hy is baie lief vir gholf so hy sien baie uit na die dag se wedstryd. “Dit gaan lekker wees om bietjie saam met die mense te kuier na die tyd en lekker musiek te maak. Ek en Lianie is baie gemaklike mense en julle kan uitsien na al ons lekker liedjies om die voete aan die beweeg te kry en dan ‘n lekker kuier saam met die spit na die tyd.”

Lianie vertel hoe lesers kan uitsien na ‘n lekker optrede met al die gunstelinge soos “Naweeklyfie en Lank lewe die liefde”. “Almal kan die konsert geniet en saam dans en sing en so oomblik vergeet van al die probleme daarbuite.”

Luister gerus na Jay:

Dié gholfdag vind plaas op Vrydag, 12 Julie, by Polokwane Gholfklub. Victor Matfield kom hou ‘n veiling op ‘n paar van sy memorabilia items.

JouRadio gaan ook daar wees so kom ontmoet hulle aanbieders en geniet die dag en aand saam.

Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R100 vir kinders.

Kontant kroeg, biertent en kos stalletjies gaan beskikbaar wees.

Vir meer inligting kontak die Gholfklub by (015) 295 4118 of info@polokwanegolfclub.co.za

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button