Local NewsNews

Voortrekkers wys hulle gee om

Een van die eienskappe van die Voortrekkers is omgee. Op Woensdag, 5 Junie, het die Penkoppe en Drawwertjies (die laerskoolgroep) gewys dat hulle omgee, deur kos te maak vir die inwoners van Martha Hofmeyr.

POLOKWANE – Die groepie Voortrekkers van die Doornkraal Voortrekkers, bestaan uit slegs sewe jongmense, maar hulle het ingespring en ‘n heerlike ete voorberei vir die 95 bejaardes.

Op die spyskaart was kapokaartappels en kookvleis met wortels in.

Saam het hulle geskil, gesny, gekook en natuurlik geproe voordat hulle die ete gaan aflaai het.

Daar was 10 kg kookvleis wat in die drukkoker sag gekook het, 4 kg wortels wat gesny en geskil moes word asook 8 kg aartappels wat tot kapokaartappels verwerk moes word.

LenĂ© de Beer, een van die jonger Voortrekkers, vertel oor haar ervaring. “Ons het al die skille van die wortels vir die hase en skilpaaie gevoer. Nou gaan ons die kos vir die tannies en ooms gee.”

Venita Olivier, Voortrekker offisier, vertel die laerskool groep Voortrekkers het baie gekrimp. “Behalwe vir die kosmaak, het ons ook ander lekker projekte en ons gaan kamp gereeld. Enige een wat Afrikaans en ‘n Christen is, kan deel word van die Voortrekkers, ongeag van hulle ouderdom.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button