NewsSchools

[VIDEOS] Doktor Anke kom lig leerders en onderwysers in

Doktor Anke Brand is nie net 'n gewone spreker by skole nie. Haar missie in die lewe is om mense te waarsku oor die gevare van sosiale media

POLOKWANE – Doktor Anke Brand is nie net ‘n gewone spreker by skole nie. Haar missie in die lewe is om mense te waarsku oor die gevare van sosiale media en ook oor wat hulle kan doen, as hulle in ‘n situasie kom waar hulle kinders slagoffers raak van iets soos internetboelies, sexting en ander gevare op sosiale media en in die samelewing vandag. Sy het op 15 Mei by Laerskool Pietersburg besoek afgelê en met die leerders en personeel van die skool gepraat, oor wat die gevare is, hoe om dit raak te sien, hoe om dit te voorkom, asook die stappe om te volg as kinders in strikke trap.

“Een van die belangrikste dinge is: kinders wat dalk fotos ontvang van ‘n snaakse aard en ook op groepe waar mense hulle snaakse of kaal fotos vra, om dit nooit af te vee nie. Die bewyse van sulke goed moet gebruik word in moontlike sake wat ondersoek word en as dit afgevee word, kan sake moontlik deur die mat val. Dit help ook om mense te kan vastrek wat te doen het met die verspreiding van kinder of ander pronografie, wat reeds ‘n baie moeilke saak is om te kan maak en om mense skuldig te bevind,” vertel Brand.

Sy het in haar praatjie met die leerders aan hulle die gevare verduidelik van sosiale media, om met vreemde mense te praat, hulle te ontmoet en ook om die fotos wat van hulle gevra word, nie te stuur nie.

Een van haar belangrike punte was ook die boelie van kinders en sy het van voorbeelde gebruik gemaak, waar kinders selfmoord gepleeg het om die erns van die skade van boelie uit te wys.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button