BlogsOpinion

Op pad na die prag van die oes

Die herfs en winter bring vir baie mense onaangename herinneringe. Daar is bitter min mense wat ons gereeld hoor sê: "Ek hou van die herfs en winter, want dit laat my veilig voel".

Die herfs en winter bring vir baie mense onaangename herinneringe. Daar is bitter min mense wat ons gereeld hoor sê: “Ek hou van die herfs en winter, want dit laat my veilig voel”.

Gewoonlik wil ons graag net verby herfs en winter kom.

Ons wil veral niks met winter te doen hê nie. Mense sê dit is te koud, dit is te kaal as gevolg van alles wat vrek en die blare wat afval. Elkeen het sy spesifieke siening oor hoe jy hierdie maande kan verduur.

Tog vertel herfs en winter vir ons dalk iets heeltemal anders.

Ons elkeen beleef tye in die lewe waar alles vir ons vaal is. Alles kom voor asof dit net afgestomp geraak het en dat die lewe uit alle moontlikhede vir ons gepers is.

Ons stry teen die oorheersende emosies van eensaamheid, verlange, moedeloosheid, vrees, onbekendheid, vinnige veranderinge en tekorte. Die lys se einde lê nog verder weg.

Hierdie emosies laat ons elkeen elke oom-blik wanneer ons besluite moet neem, worstel. Ons worstel met onsself oor ons vermoë en ons worstel met mekaar oor geleenthede.

Ons opper graag die verduideliking dat iemand ons te na gekom het. Ons vertel vir onsself dat hy nie goed genoeg was vir die oomblik nie en dat iemand wat beter was as hy die oomblik aangegryp het.

Ons wil onsself skop oor geleenthede wat ons gemis het. Op die ou einde is dit ek en jy wat met ons herinneringe sit.

Wanneer ons verstaan dat ons floreer op herinneringe, is ons keuses uiters belangrik oor hoe ons hierdie herinneringe wil bekom.

Hoe ons besluite neem en waarmee ons ons tyd spandeer sal bepaal hoe ons herinneringe lyk.

Herfs en winter se getuienis strek wyer as net die koue en blaarlose bome.

Dié getuienis is dat, alhoewel daar ‘n koudheid beleef word in ons daaglikse lewe en in verhoudinge, daar wel lewe is.

Juis in ons swakheid is God deur Sy genade besig om te handel. Die handelinge is nie altyd duidelik nie. Ons sien gewoonlik net die donker koue kant van die situasie. Die Woord getuig egter dat in die wintertyd van my en jou lewe is daar lewe is wat deur ons binneste vloei. Die lewe wat vloei is die Heilige Gees.

Wintertyd is nodig in ons lewe, sodat ons van alle vooropgestelde idees gestroop kan word. Herfs en Winter is die tyd vir die ontwaking van die geestelike saad.

Daarom kan ons elkeen ook met verwagting kyk na môre. Ons kan met verwagting kyk na die deurbreek van hoop, geloof en liefde in ons lewe.

Daar is bevestiging van God se liefde en van Sy getrouheid.

Die getrouheid van God word onderstreep deur in my en jou te arbei sodat ons ‘n verskil kan maak in mekaar se lewens en in die Koninkryk van God.

Ons keuse bly egter belangrik. Die keuse om hierdie herfs en winter te sien as net ‘n koue gebeurtenis of dit te sien as die tyd van gereedmaking deur Sy liefde.

God is besig om in die winter van ons lewe te handel, ons kan dit glo of verwerp. As ons dit glo, sien ons die prag van die oes. Wanneer ons dit egter verwerp, sal ons nooit die heerlikheid van geloof in aksie beleef nie, maar steeds gebuk gaan onder die gedagte dat daar geen lewensgeluk is nie.

Laat ons Hom daarom volg vanuit die herfs- en wintermaande na die lente.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button