Local NewsNews

Skoolskoene en kouse gesoek om ‘n verskil te maak

Elke oggend is dit kouer as die vorige oggend en met dié wete dat winter binnekort by ons voordeure gaan inglip, het jong Marlioné Botha besluit om liefdadigheidswerk met 'n verskil te doen.

POLOKWANE – “Daar is soveel mense wat slegs skoolklere insamel, maar vergeet van kouse en selfs skoene. So ek het besluit om grys en wit skoolkouse in te samel sodat die kinders wat kaalvoet, of sonder kouse skool toe moet gaan, darem kouse kan kry,” vertel die agt-jarige finalis van Toddler and Tween of the World.

Marlioné Botha met van die kouse wat sy reeds ingesamel het.

Marlioné se begin jare was bietjie moeiliker as meeste ander jong meisies, aangesien sy op twee en ‘n half maande haar eerste Kersfees in die hospitaal moes deurbring.

Haar ma Lize, vertel wat gebeur het. “Sy is as ‘n gesonde baba gebore, maar op twee en ‘n half maande het dokters vir ons gesê haar lewer funksioneer nie reg nie. Sy moes ‘n operasie ontvang en is onmiddelik in Kloofhospitaal opgeneem. In ‘n kwessie van drie dae het dokters nege keer bloed getrek. Op die derde dag het dokters vertel ‘n infeksie het haar lewer aangeval. Sy het geen imuunstelsel gehad nie en vir die eerste drie jaar van haar lewe was sy 14 keer in-en-uit die hospitaal.”

Verlede jaar in Januarie, moes haar blindederm verwyder word aangesien dit in haar kolon ingegroei het. Sy het soveel gewig verloor dat sy slegs 17 kg geweeg het.

Sy het begin paniekaanvalle kry, so erg dat sy met tye opgehou het om asem te haal en Lize met haar hospitaal toe moes jaag. Sy was ‘n vreeslike angstige kind en Lize het besluit dat modelwerk, dalk kan help om weer haar selfbeeld ‘n hupstoot te gee.

In minder as ‘n jaar het Marlioné reeds verskeie modelkompetisies gewen waarvan die jongste die Little Miss ZA 2019 titel is. Nou is sy ‘n finalis vir toddler & Tween of the World South Africa 2019.

https://www.citizen.co.za/review-online/273088/young-polokwane-model-scouted-top-international-agency/

“Ek geniet dit vreeslik baie om modelwerk te doen en ander mense te help. Ons fokus om kouse en skoene in te samel vir skoengroottes kinder 13 tot volwasse sewe. Ek beplan om ook te begin dans en ek doen ook jiu-jitsu.”

Sy vertel sy wil graag eendag aan Mej Suid-Afrika deelneem en dat haar model juffrou, Jacqueline Ferns, haar rolmodel is.

Die kouse wat Marlioné Botha insamel.

Enige iemand wat wil bydra kan vir Lize kontak by 82 332 5101.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button