Local sportNewsSchoolsSport

Skeie neem Andri SA’s toe

Andri Marais is op Saterdag vir die senior Suid-Afrikaanse Jukskei Kampioenskap span gekies.

POLOKWANE – Die kompetisie vind vanaf 16 tot 22 Maart in Kroonstad plaas. Andri is verkies tot die Uniewinkelsspan van Limpopo. Sy neem vir al meer as ‘n dekade aan jukskei deel. Vroeg in haar loopbaan het sy begin naam maak vir haarself, terwyl sy nog op skool was. Vandag neem sy in haar vryetyd deel aan die sport en help ook met die afrigting en ontwikkeling van jonger spelers, om so die sport te bevorder. Op die ouderdom van 11het sy met die sportsoort begin en het al vir ses opeenvolgende jare Suid-Afrikaanse kleure in die sportsoort verwerf.
Sy was al van te vore die kaptein van die Springbokspan. “My liefde vir die sportsoort het ontwikkel omdat ek weens my gesondheid nie aan kontaksport kon deelneem nie. Jukskei het my gehelp om ook aan iets deel te kon neem en te presteer wat sport aanbetref, ” vertel sy.
Toe sy die eerste keer ‘n skei opgetel het, was sy gek oor die sportsoort. Dertien jaar later, sê sy dit is ‘n sportsoort wat sy vir niks anders in die wêreld sal verruil nie. Wanneer sy nie by die bane is nie gee sy skool en vertel dat sy elke oomblik daarvan geniet.
“Dit is ‘n baie uitdagende sportsoort omdat jy vir jouself doelwitte stel waarop jy kan verbeter. Ek beveel die sportsoort vir almal aan, ongeag hulle ouderdom.”
Sy verduidelik dat die spel aan die begin nie vreeslik tegnies is nie, maar dat dit wel meer uitdagend raak hoe verder ‘n mens vorder.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button