BlogsOpinion

Sout en Peper: Net vir die absoluut ‘braafstes’

"Jy weet, dis net die braafstes onder die brawes wat dit doen."

“Jy weet, dis net die braafstes onder die brawes wat dit doen.”

My avontuurgees-ore spits dadelik. Ja, sê-vra ek.

“Jy weet, kinders-hê,” kom dit van oorkant die tafel in die coffee shop. Nou. Ja. Wel.

Sekeres van ons is dan seker gebou vir groot avontuur, dink ek stilweg.

‘n Goeie deel van 10 jaar later het M-dag deel van ook my raamwerk geword.

En moet dit nie verwar met McDonaldsdag nie, ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

In 2007 roer gospelsanger Steven Curtis Chapman hartsnare met die lied “Cinderella”.

Laat Google jou help en gaan soek dit.

“She spins and she sways to whatever song plays / Without a care in the world / And I’m sitting here wearing the weight of the world on my shoulders. / It’s been a long day and there’s still work to do / She’s pulling at me saying ‘Dad I need you! / There’s a ball at the castle and I’ve been invited and I need to practice my dancing.”

“Cinderella” vertel van die sorgvrye wêreld van ‘n jong meisie en hoe haar pa sy besigwees eenkant toe skuif vir ‘n oomblik om saam met haar te dans.

Hmm, hoor ek ander pa’s en ma’s in solidariteit saamstem.

Hy besef dat sy jonge dame eendag aan die arm van haar eie prins gaan wegstap.

En dan dans hy met haar. En dans. En dans.

Chapman se eie dogtertjie van vyf is ‘n jaar na die uitreiking van die liedjie dood.

Sondag word ma’s oral gehuldig: Blomme. Toast. Kaartjies. Stroophandjies. Soene.

Om my sal ‘n jong prinses en ‘n prins rondtrippel.

Want sien, op Ma-dag vier ék vir húlle. Ek is dalk onder die dapperes. Maar hulle is nie ver agter nie.

Hulle laat my stilstaan. Om my rondkyk. Sien. Luister. Hulle skep special moments daar waar ek kos koop of wag voor ‘n rooi verkeerslig. En húlle is al wat ek hier op aarde agterlaat wanneer my trein eendag uit die stasie trek.

“So I will dance with Cinderella / While she is here in my arms / ‘Cause I know something the prince never knew / Oh I will dance with Cinderella, I don’t want to miss even one song / ‘Cause all too soon the clock will strike midnight / And she’ll be gone.”

Lank leef die rondtrippel van klein voetjies. Veral vir hul ma’s se onthalwe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button