NewsSchools

Ek kan nie kampeer sonder…

Tentedorp is 'n tradisie by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool), waar leerders van gr. 4 tot gr. 7 op 'n Vrydagaand, in tente op die skool se rugbyveld kamp.

POLOKWANE – Review het met ‘n paar leerders gesels om te hoor wat hulle dink mens nodig het om te kamp.

Izandri Baker: ‘n Mens kan nie gaan kamp sonder vriende nie. Hulle maak die ervaring soveel beter.
Siya Mahlangu: Ek dink ‘n tent is die belangrikste ding wanneer dit by kamp kom.
Micayla Kruger: Ek dink ‘n tent is belangriker as enige iets anders.
Dian Gouws: Ek wil nie graag kamp sonder insekweerder nie.
Clarise Elngelbrecht: Sonder ‘n tent kan ‘n mens nie kamp nie.
Zuhan Labuschagne: Ek dink ‘n tent is belangrik wanneer jy kamp, sodat al jou besittings veilig is.
Rouxle Jansen van Rensburg: ‘n Mens kan nie gaan kamp sonder die musiek van Jan Blou Kaas nie. Ek is baie lief vir Jan Blou Kaas.
Monique Rosslee: Geen mens kan gaan kamp sonder ‘n eenhoring-teddiebeer nie.
JC Coetzee: Sonder ‘n slaapsak is kamp nie ‘n goeie idee nie.
Annie de Wet: Ek dink ‘n tent is die belangrikste item waarsonder ‘n mens nie kan kamp nie. As dit reën keer dit dat jy nat reën en as die son warm bak, kan jy in die tent se koelte sit.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button